Sport
Die holistiese, gebalanseerde ontwikkeling van die kind is deel van onderrigfilosofie by Karos Akademie en daarom word leerders aangemoedig om aan sportaktiwiteite deel te neem.
Lewensvaardighede wat deur die beoefening van sport aangeleer word, soos deelname in spanverband, konflikhantering, uithouvermoë, konsentrasievermoë en probleemoplossing, is van onskatbare waarde in die ontwikkeling van die kind.
Sport hou leerders fiks, is voordelig vir spierontwikkeling, hand-oog-koördinasie, balans en stamina en is vir seker ‘n moét in ‘n tegnologiese eeu waar leerders baie tyd voor die skerm deurbring, beide vir akademie en ontspanning.
Sport wat tans by die skool aangebied word sluit Rugby, Krieket, Hokkie, Netbal, Boogskiet, Toutrek, Tennis en Atletiek in. Almal word aangebied deur profesionele afrigters wat in hulle spesialiteits sport ons kinders se vaardighede vaslê. Ons is bevoorreg om hierdie gehalte afrigting te ontvang in ons dorp. Hokkie - Johanne Arlow, Krieket - Niel Nel, Tennis - Beate du Plessis, Rugby - William de Swardt, Netbal - Patrys van der Merwe. Baie van ons leerders swem ook by ons plaaslike swemklub, Swimsteps. Tia van Wyk is ‘n puik afrigter wat al vele swemmers op nasionale vlak (vanuit die Karoo) geneem het.