Kultuur
Daar is ‘n plekkie vir elkeen by Karos Akademie en omdat nie almal gebore sportmanne en -vroue is nie, glo ons ook dat kultuuraktiwiteite geleenthede skep waar leerders hul kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef en hulle selfbeeld kan bevorder.
Dit is ons verantwoordelikheid om platforms te skep vanwaar leerders hulself kan uitleef, vaardighede aanleer en groei.
Kultuuraktwiteite by Karos Akademie sluit in:
- Skilderkuns
- Eistedfodd deelname
- Dans deur private afrigter - Hilmari du Plessis
- WOW Spelfees Kompetisie
- Sound of Music opvoering.