Akademie
KAROS AKADEMIE SE AANBOD
Kwaliteit wêreldklasonderrig
Bekostigbare onderrig gefundeer op ‘n unieke leerfilosofie
Die kweek van ‘n liefde vir leer by leerders
n Unieke leerervaring waar leerders teen hulle eie pas ontwikkel en groei
Die kweek van selfvertroue sodat leerders in alle lewensituasies kan floreer
‘n Omgewing waarbinne kinders in gesinsverband kan groot word en ontwikkel.
Die MOS Leerstelsel, wat as basis vir onderrig gebruik word, prikkel leerders se nuuskierigheid sodat hulle ‘n liefde vir leer ontwikkel en sodoende lewenslange leerders word. Leerders word deur die gebruik van die stelsel en toepassing van die leerfilosofie toegerus met die vaardighede wat nodig is om suksesvol te wees in ‘n onbekende toekoms waar nuwe vereistes in die vierde nywerheidsrewolusie van leerders verwag word.
Die doelwit van Karos Akademie is om hoë kwaliteit, kreatiewe onderrig in die Karoo te vestig wat kinders individueel benader en hulle interne begeerte om te leer aanwakker, sodat hulle in die toekoms met nuwesoortige uitdagings en aanbiedinge sal floreer.
Die skool skep ‘n omgewing van inklusiewe onderrig vir leerders en vestig ‘n kurrikulum wat toekomsgerig is en die leerder optimaal by die leerproses betrek.
Karos bied Graad 7 tot 12 aan.
Watter vakke word aangebied vir graad 7 tot 9
- Afrikaans huistaal
- Engels eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Lewensoriëntering
- Natuurwetenskappe
- Sosiale Wetenskappe
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Tegnologie
- Skeppende Kuns
Watter vakke word aangebied vir graad 10 tot 12
Graad 10 – 12 is die volgende vir vakke die verpligte vakke:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
- Lewensoriëntering
Uit die volgende vakke moet drie gekies word:
- Geografie
- Toerisme
- Rekeningkunde
- Besigheidstudies
- Lewenswetenskappe (Biologie)
- Fisies wetenskappe (Skeinat)
- Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
- Ingenieursgrafiek en ontwerp (IGO)